Die Onnie se Laai English

Oor my

Hallo! Ek is Sophia, 'n onnie-in-wording 👋 Ek maak die goed wat ek self in die klas wou hê: CAPS-assesserings vir Graad 4–7 in Afrikaans, altyd met 'n volledige memo. Minder Sondagaande voor die rekenaar. Sê gerus wat jy soek, ek antwoord self 💛
  • Sophia Els
  • Finalejaar B.Ed-student
  • Op Facebook: Juffrou Sophia

Ek is Sophia Els, 'n finalejaar B.Ed-student in die Intermediêre Fase. Ek maak die goed wat ek self in die klaskamer wou gehad het: assesserings met volledige memo's, diagnostiese pakkette wat sê wat om met die punte te doen, en rekordblaaie wat 'n ouer of 'n departementshoof kan verstaan.

Alles is Afrikaans, alles is CAPS-belyn, en alles is swart en wit en gereed om te druk, want dit moet op die skool se kopieermasjien werk, nie net op 'n skerm nie.

Ek het met Graad 4 tot 7 begin. Soek jy iets spesifieks? Vra gerus, ek antwoord self.

Stuur 'n WhatsApp Facebook